|
BHS leerders neem aan "UN Debating Competition" deelMarlize du Plessis en Nicolette van Schalkwyk, albei in graad 9, neem op Saterdag 4 Sept by die Wes-Kaapse Wetgewer aan die UN Debating Competition deel. Volg die skakels na "DEBAT" vir verdere inligting.    
Meegevoel
Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van Barbara-Anne Dalhouzie. Ons gebede en gedagtes is ook by Mev. Sannie Alberts, ons sekretaresse, met die afsterwe van haar man.
*******************************
SEPTEMBER SE EKSAMENROOSTERDie volledige rooster is beskikbaar onder die afdeling "AKADEMIE". Volg die skakels na die korrekte graad se rooster. ***********************************
Verbruikerstudie-olimpiade Elizma van Wyk het onder die top 20 in die 2010 Verbruikerstudie-olimpiade geëindig. Hartlik geluk met die mooi prestasie! BHS is ook een van die pryswennerskole vir die olimpiade. ***************************************** Aandag alle leerders:Het jy mooi foto's van jou sportspan, 'n skoolfunksie of 'n interessante skoolgebeurtenis? Bring dit na B16.1 (Me Dyamond) sodat dit op die webwerf geplaas kan word. Baie dankie aan Deon Raath en Dennis Lochner vir julle foto's. Onthou om Daihatsu Tygerberg te ondersteun. Hulle het Hoërskool Bellville se MTBS span geborg.
Skakel JC Campher by 021-9492558 / 0826162973 vir navrae. |