| Akademie (ons uitblinkers) |
|
|
|
|
Verbruikerstudie-olimpiade Dit is ‘n voorreg om te kan bevestig dat een van ons leerders, naamlik Elizma van Wyk, onder die top 20 in die 2010 Verbruikerstudie-olimpiade geëindig het. Hartlik geluk met die mooi prestasie! BHS is ook een van die pryswennerskole vir die olimpiade.********************************************* Anlou Jacobs in Gr. 12 het die jaarlikse Zevenwacht Sjefkompetisie gewen. Hy het beursgeld van R40 000 gewen om by Zevenwacht te gaan studeer. Anlou, ons is baie trots op jou!
Wiskunde-olimpiade Ruan Olivier en Bennie Swart in graad 12 is uitgenooi om aan die Interprovinsiale Wiskunde-olimpiade wat op 11 September sal plaasvind, deel te neem. Francois van Niekerk (graad 12) het deurgedring na die derde rondte van die landswye Wiskunde-olimpiade. Baie geluk aan elk van die volgende leerders wat op 18 Mei 2010 deelgeneem het aan die tweede rondte van die Wiskunde Olimpiade: Seniors: Ernst Nienaber, Francois van Niekerk, Nicolene Hanekom, Petri Wiese en Marelise Viviers. Juniors: Renier Swart. Francois van Niekerk is deur die South African Mathematics Foundation uitgenooi om vanaf 8 – 13 Desember 2009 die jaarlikse Wiskundekamp by te woon. Dit is ‘n besondere voorreg om uitgenooi te word, aangesien jaarliks slegs ‘n klein aantal van die beste Wiskunde-leerders (gr. 8 – 11) in die land die kamp bywoon. ‘n Pragtige beloning vir ‘n puik student. Universiteit van Kaapstad Wiskunde-kompetisieGetrou aan ons jaarlikse tradisie, het Hoërskool Bellville op 20 April 2010 met ’n busvol leerders by die Universiteit van Kaapstad opgedaag. Altesaam 56 leerders van Graad 8 tot 12 het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Leerders kon in pare of individueel deelneem. Ons wil baie hartlik geluk sê aan Francois van Niekerk in Graad 12 wat nogmaals ‘n goue toekenning ontvang het vir sy beste prestasie van al die Hoërskool Bellville deelnemers. Francois het vanjaar beter as ooit presteer deur ’n tweede plek te behaal uit ongeveer 6000 kandidate!!
Gr. 9 Gevorderde Program Wiskunde (AdMaths)AdMaths vul die leemte wat gelaat is met die oorgang van Wiskunde HG/SG na Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid. Alle huidige graad 9’s wat in 2013 die kwalifikasie wil bekom, moet nou begin. Minimum vereiste: 80% Junie gr. 9. Vir meer inligting oor jou naaste klas besoek www.admaths.co.za of skakel (021)981-0595.
GRADE 11 ENGLISH HOME LANGUAGE CLASS VISITS THE DISTRICT 6 MUSEUM The Gr. 11 HL class of Bellville visited the District 6 Museum in Buitenkant Stree, Cape Town on Thursday, 10 June 2010. They are studying the novel "Buckingham Palace, District 6" by Richard Rive this term and decided that they needed to find out more about this very particular part of Cape Town history. At the museum they were led on a tour by an ex-resident of the District, Linda Fortuin, who shared very personal and sometimes emotional stories from her life.They came away from this experience with a sense of the time of the forced removals and what it was like to live in District Six.Their visit also coincided with a Soccer World Cup match taking place in Cape Town that day and they could soak up the incredible atmosphere of the Mother City.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATUITSLAE 2009
Christo Anthonissen, Loandé Anthonissen, Tonia Anthonissen, Marlé Aucamp, Lourens Bergh, David Bester, Dawie de Villiers, Carli Loubser, Johannes Loubser, Simon Odendaal, Monique Rall, Elize Rich, Charné Rossouw, Rudi Swart, Cecile van Schalkwyk.
Bo 80% : 2; bo 70% : 2; bo 60% : 10; bo 50% : 7.
97,3% van ons leerders het gekwalifiseer vir graad- en diplomastudie! Carli Loubser en Cecile van Schalkwyk het ook 7 A’s verwerf, terwyl ons drieling, Christo, Loandi en Tonia Anthonissen saam 16 A’s behaal het!
Ongelukkig het die WKOD geen provinsiale vakprestasies van leerders bekend gemaak nie.
BAIE GELUK AAN ALMAL!! |
Akademie 






