| Veiligheid |
|
|
|
|
Ons probeer alles binne ons vermoë om op die skoolterrein en in die skoolgebou die veiligheid van ons leerders te verseker. Ons het reeds 3 sekuriteitswagte en 'n uitstekende kamera- en alarmstelsel. Wat egter buite die skoolterrein gebeur, hang grotendeels af van u as ouers se reëlings met u kinders. Ons kan vandag nie versigtig genoeg wees nie. Die skool is ook ‘n wapenvrye area en enige leerder wat betrap word met ‘n wapen sal onmiddellik aangekla en uit die skool geskors word. |
Skoolveiligheid 

