|
Rocco het die 6e plek in die wêreld behaal in die spiesgooi item in Kanada. Ons is baie trots op jou, Rocco! Rocco van Rooyen in aksie tydens die Wêreld Junior Olimpiese Spele in Kanada
    Mnr Johan Crous, ons skoolhoof, tree aan die einde van hierdie kwartaal af. Bring asseblief onderstaande advertensie onder die aandag van alle potensiële applikante.
HOËRSKOOL BELLVILLE : SKOOLHOOFPOS vir 2011 Die Hoërskool Bellville is ‘n vooraanstaande en toonaangewende skool wat ‘n dinamiese, kreatiewe en visioenêre leier vanaf Januarie 2011 soek met bewese ervaring, kennis, vaardighede en prestasie op verskeie terreine. Vir besonderhede en aansoek word potensiële kandidate verwys na die WKOD se Vakaturelys 3 van 13 Julie 2010.(Adv.nr.458). Sluitingsdatum: 30 Julie 2010 Navrae kan gerig word aan 021-9481801    SkoolfondskompetisieTot 6 Augustus het ons ‘n skoolfondskompetisie waarin ons 3 uitstekende pryse aanbied vir ‘n donasie van slegs R25 per kaartjie! Vanjaar bestaan die pryse uit die volgende: · ‘n Week by Club Mykonos vir ‘n gesin van vier. Indien u dit wen, kan u ‘n week kies buite-seisoen soos met die borg onderhandel. · 2 skootrekenaars (laptops) van R6 000 elk. (Een word geborg deur Avalon Systems wat ons rekenaarstelsel onderhou.) Ons hoop dat u as gesin voluit sal deelneem en dat elke gesin ten minste 1 boekie met 10 kaartjies sal verkoop. Aangesien ons elke sent dringend nodig het, sal u verstaan dat ons regtig op ALMAL staatmaak om so veel as moontlik in te sit. Ons gaan ook nie vanjaar die voedselfees hou nie, want dit sou bots met hierdie poging. U kan dus u bydrae vir die voedselfees spandeer op kaartjies in ons kompetisie en dalk ‘n wonderlike prys wen!! Aandag alle leerders:Het jy mooi foto's van jou sportspan, 'n skoolfunksie of 'n interessante skoolgebeurtenis? Bring dit na B16.1 (Me Dyamond) sodat dit op die webwerf geplaas kan word. Baie dankie aan die leerderleiers vir hul bydraes. (sien "leerderleiers") Baie dankie aan Deon Raath en Dennis Lochner vir julle foto's. Onthou om Daihatsu Tygerberg te ondersteun. Hulle het Hoërskool Bellville se MTBS span geborg.
Skakel JC Campher by 021-9492558 / 0826162973 vir navrae. |